Liefde laat jou Rice Krispies anders proe: 20 jaar-uitgawe Leesboek
R180.00
Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie se. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad. “Interesting point, Marzanne,” se die onderwyseres versigtig, “but I’d like to know why you think so.” Ek sluk. “Wel… kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra.” Ek is verstom deur my eie briljante literere insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel. “Die ou wat in die middel van die nag voor my venster kom gedigte voordra, smyt ek wraggies met ‘n emmer koue water. En asof dit nie genoeg is nie, pleeg Juliet selfmoord toe sy dink Romeo is dood. So asof meisies nie sonder mans kan lewe nie.
3 in stock (can be backordered)
SKU:
9781776352937
Category: Afrikaans Literature - Physical Books