Suurlemoen

R230.00

Suurlemoen! is ‘n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is ‘n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek ‘n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word.

 

Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boek is ‘n welkome verandering van die gewone tienerverhaal. Die visuele elemente komplimenteer die teks op elke moontlike geleentheid. Die einde word slegs deur die verskillende mediums bewerkstellig en alhoewel dit moontlik vir sommige lesers nie bevredigend genoeg sal wees nie, is dit steeds ‘n innoverende manier om die boek te eindig. In hierdie geval is dit werklik so: “A picture is worth a thousand words.”

Die verhaal begin met ‘n humoristiese insident met lipstiffie en Mozart. Dit lei tot die ontstaan van die vier hoofkarakters, Tiaan, Zane, Bongani en Liezl, se band. Zane, soos Tiaan hom beskryf, is die moeilikheidmagneet wat baie vinnig verlief raak. Hy is spontaan en gee glad nie om as al die aandag op hom is nie. Bongani aan die ander kant is ‘n karakter wat glad nie nonsens vat nie en die rigting aangee vir die band net soos sy die pas aangee op die tromme. Liezl is die slim en mooi meisie met die goue stem wat Tiaan en Zane se voete onder hulle uitslaan. Tiaan is weer effens skaam met ‘n romantiese streep en ‘n passie vir foto’s en Post-It-Plakkers. Tiaan het ook ‘n meer kreatiewe kant as Zane en vind dit moeiliker om oor sy emosies te praat. Dit alles saam is ‘n resep vir moeilikheid en liefde.

1 in stock (can be backordered)

SKU: 9780799342352 Category: