|
|
|
|
Woordreise
ISBN
9780624039334
SKRYWERS: H Viljoen, H Snyman, L Olivier, K de Wet, A L Vermaak
Poësie is nie papier nie. Dis tong en mond en tande. Dit moet hardop gelees word sodat dit kan klink. Gedigte spits jou ore vir taal. As jy gedigte lees, lewe jy met 'n groter bewussyn.
Reise kan soms net los oomblikke van belewing wees. Dis die verbande tussen die momente wat van 'n reeks ervarings 'n reis maak - 'n deurlopende belewing van ontdekking en verrassing, die prikkeling van nuutheid, die raakloop van bekendes. Hierdie titel is nie anders nie. Woorde as momente van taalbelewing maak sin in die verband van ander woorde. Maar dis lesers op hulle leestog wat woord met woord skakel. Die lees van 'n gedig is nie 'n passiewe ervaring nie; dis 'n ontdekking, 'n waagstuk, 'n herskepping en 'n belewing - 'n woordreis. "almal is important", lui die titel van die eenheid in die titel met gedigte oor mense. Dit kan ook gese word van die gedigte in hierdie titel: almal is important. Elke gedig is sorgvuldig gekies en het 'n spesifieke tuiste in die eenheid gekry. Lees gerus die bundel, of ten minste eenhede, van voor tot agter deur. 'n Verdere uitnodiging: lees die gedigte hardop.
- Wat's volgende?
- ballades, berigte en stories
- om groot te word is so tussenin
- gevogeltes, kokkerotte en ander gediertes
- die bitterbessie
- dagbreek vrou
- verf met woorde
- liessit, praattit, skryffit
- wolwe, weerwolwe, spoke en skimme
- die vreug van spierkrag
- almal is important
- die oerknal van die liefde
- dieper dinge
- om 'n sonkie te skryf
- tydlyn
- woordverklarings
- erkennings
- register
|
|
|